Krake in my siel

​Jou woorde streel oor die krake in my siel,

jou stem spons my moeë liggaam af.

Te moeg om op te kyk,

te stukkend om te sien hoe ek lyk.

Maar jou woorde dra my,

jou hand se aanraking

is my enigste rede om te voel.

Jou warmte kronkel deur my ysland,

stroompies van soet oomblikke,

breek plek-plek deur die kors.

Die lig in jou glimlag bring weer ‘n reënboog,

van vrolike kleure wat die donker minder maak.

Tussen die roggel van my eie kraakende stem,

vind ek weer ‘n rede om in ‘n nuwe toon te praat.

Dalk is daar tog nog hoop vir my.

Net dalk is daar tog ‘n rede om aan jou vas te klou.

Jy gee nie om oor my verlede.

Jy sien nie die vlekke op my klere.

Vir jou is ek die mens wat jy kan dra.

Deur jou oë sien ek weer die mens wie ek was.

Los my nie hier op die verlate plek,

maar neem my saam om by jou aan te sterk.

Verbind my wonde, deur ander oop gekrap.

Maak ‘n vuur met my verbrande as.

Laat my voetval in ‘n slowdance op joune rus,

om so weer, in ritme, my eie deuntjie fluit.

Gooi my tog nie weer vir die wolwe,

maar omvou my in woorde wat die stilte breek.

Glimlag jou stralekrans in my donker put,

tot siel en liggaam weer vereenig is.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Dis wanneer ek na jou verlang

​Wanneer die maan se silwer strepe die golfies laat oopbars,

en die skuim deur die wind verwaai word:

dis wanneer ek na jou verlang.

Wanneer die blare al tuimelend tot op die klam grond sweef,

dis wanneer ek jou arms om my mis.

Dis wanneer die donderwolke op die horison dreun,

wat ek weer onthou hoe jou stem teen my oortromme weergalm.

Dis op ‘n warm aand soos vanaand;

wat ek weer jou lag bo die branders hoor weerklink.

My gedig ontbreek met die regte woorde,

en selfs die leestekens is nie genoeg om my verlange te beskryf.

Dalk sal jy ook so voel.

En net miskien sal jy my gevoel verstaan.

Vir nou sal ek maar hier eenkant staan:

dalk nog eendag my weg weer na jou toe baan.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Sonder woorde

Jou spore het doodgeloop tot daar waar ek jou kry sit het:
jou hande in jou hare, jou wange spore gehuil.
My woorde het saam met ‘n dwarrelwind die wolklose hemel ingewarrel. Wat kon ek in elk geval sê om jou beter te laat voel.
Ek was self moeg, geen rede gesien om aan te stap.
As twee minus strepies reg neergesit word, is dit tog ‘n plus. Jou half gedrinkte bottel het jy na my gehou,
ek was dors, dalk vir jou.
Al het die smaak my keel gebrand,
al het my oë getraan,
want ek was die wat verdwaal het,
Jy sit al jare hier en wag,
jy is die een wat my op gehelp het;
ek het altyd gedink mense het my nodig,
maar jy was my redding.
Jy was die een, wat sonder woorde, weer my sinne vol gemaak het. Sonder woorde het jy my teen jou vas gehou.
Met net ‘n glimlag het ek later weer aan beweeg.
Soms is woorde net ‘n geraas wat niks beteken.

Posted in Uncategorized | 1 Comment

Goeie boodskap

So, al krakend, bring jy die goeie nuus aan
dae lank word jy reeds dopgehou,
Jy, die bron van alle lewe om jou, ook afwagtend in die windstildae, Jou kreun van metaal begin ‘n vrolike deuntjie sing:
Die wind is hier, die wind is hier,
die reën is oppad, staan nader vir ‘n bad.
Die wolkies kom vinnig nader,
hulle wil ook jou lied van blydskap hoor.
Hul vreugdes trane val om jou voete neer.
Jy sing al vroliker jou lied:
Jou lewensdoel word in heerlike water van diep onder die grond vir alle lewe om jou gegee. Jy staan so sterk in en afwagtend.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Pa Hannes

So al stappende en geselsende, hand aan hand, natuurlik.
Ek en my Pa.
Altyd iets opwindend om te sê.
Ons moet eers weer stop, want Pa ken die persoon wat aankom. Ja, dis hoe ek my kleintyd onthou.
Al was ek wakker het ek gemaak of ek slaap:
Wat is dan tog lekkerder as om jou stem so styf teen jou bors te hoor. Of die beskerming van jou krag soos jy my dra.
Vandag nog dra jy my.
Ek probeer ook mense help waar ek kan.
En ja, ek kan net so lekker en lank gesels.
My woorde en romantiese sy kom herinner my weer dat ek deel is van jou. En elke keer as die musiek speel voel ek jou ritme deur my are vloei. Ek glo Pa sien steeds al my gedagtes.
En ek glo Pa glimlag vir elke nuwe plantjie in my tuin.
Ja, ek mis Pa baie.
Dankie vir al Pa se liefde want dit het my geleer om ook liefde te gee. Tot ons weer sien.
10 is al reeds so gou verby, so Eendag sal ook gou weer kom. Pa se Mandy-kind.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

IMG-20160217-WA004

Nou ook as liedjieskrywer by SAMRO geregistreer. Laat weet gerus as jy opsoek is na ‘n liedjie.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Deur my gedagtes

Dis stil hier in my gedagtes vandat jy weg is,
dit help tog nie om in die verlede te dwaal:
die voedpad het in tussen toe gegroei,
die voëls het weggetrek.
Die sterk waterval is nou net ‘n paar poele van onthou.
Ek loer maar so nou en dan in, maar jou beeld het verwaag.
Jou woorde weergalm nie meer deur die oorgroeide varing blare nie. Ek probeer nie meer hier indraai nie, maar vandag moes ek net. Ek moes kom seker maak dat jy regtig weg is,
jy weet, voor ek regtig kan aanbeweeg.
Hy is anders as jy.
Hy laat my ook lag, maar dis nie jou soort grappe.
Ag dis okay vir nou.
Ek kom maar net vir jou sê al is jy nie meer hier nie.
Eendag sal ek seker hier kan verby loop sonder om aan jou te dink. Vir nou word jou naambordjie nog elke dag af gestof.
Maar binnekort sal hy my gevange hou, hopelik.
Ek wonder of jy nog soms kom inloer hier,
dalk sien jy nog my wegstap spore in die modder waar my trane geval het. Ag dit maak nie meer saak nie, ek moet aan beweeg.
Jou skadu dwaal nog soms deur my drome,
en net soms, as ek baie gelukkig is, draai jy tog om en glimlag ‘n oomblik met my. Maar dis net soms.
Maar ek sal okay wees nou.

Posted in Uncategorized | Leave a comment